Hoe ons werk
Dorpsdraad is ’n kantprojek van my, Hendri Lategan. Ek bou eenvoudige webwerwe vir klein besighede op die platteland.
Ek gebruik KI-hulpmiddels (kunsmatige intelligensie) vir navorsing, ontwerp, die bou van webwerwe en administrasie. Dit help my om vinnig te werk en die pryse laag te hou.
Ek hou self toesig oor die werk, en ek keur elke webwerf persoonlik goed voordat dit aanlyn gaan.
Het u vrae hieroor? Skryf gerus aan hendri@dorpsdraad.co.za.